|
Hy meng asemrowende kulkuns en ongelooflike gedagte-lesery – verwag om te sien van hoe hy geld laat verskyn uit die niet, ‘n totale vreemdeling se wagwoord onthul, tot soliede staal buig met sy breinkrag – hierdie vertoning sal ‘n indruk op u gaste laat.
Met meer as ‘n dekade se vertoning agter die rug, het hy sy onder- vinding opgedoen deur vir mense van dwarsoor die spektrum op te voer – van die konferensiesale van internasionale maatskappye tot modderhutte in die berge van Swaziland; met besigheidsopenings, dinees, spanbou-sessies en vele ander tussenin. Omdat die vertoning so interaktief is, word u gaste die werklike sterre! Dit is die rede hoekom mense dit lank na die tyd nog onthou.
Alle vertonings word volgens die kliënt se behoeftes gereël, sonder verdere komplikasies – om te verseker dat maatskappye en individue suksesvolle funksies het. Omdat hy so bewus is van die belangrikheid
|