Alexander May - Cape Town Magician, Mentalist & MC
Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Press Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist Alexander May - Cape Town Magician & Mentalist
SchoolChurchFundraising
POSTER-WEB-2017-small
fork

AFRIKAANSE TUISBLAD

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

   Alexander May is towerkunstenaar wat vertonings van wÍreld-gehalte lewer by konferensies, dinees, fondsinsamelings – inderwaarheid enige plek waar mense unieke en boeiende vermaak benodig!

   Hy meng asemrowende kulkuns en gedagte-lesery – verwag om te sien hoe hy geld laat verskyn uit die niet, ‘n totale vreemdeling se wagwoord onthul, tot soliede staal buig met sy breinkrag – hierdie vertoning sal ‘n indruk op u gaste laat.

   Oorspronklik afkomstig van die Oos-Kaap, is hy tans gebaseer in Kaapstad en doen vertonings in beide Afrikaans en Engels.

   Met meer as 19 jaar se vertonings agter die rug, het hy sy ondervinding opgedoen deur vir mense van dwarsoor die spektrum op te voer – van die konferensiesale van internasionale maatskappye tot modderhutte in die berge van Swaziland; met besigheidsopenings, dinees, spanbou-sessies en vele ander tussenin.

AlexanderMayFoto
Jou-Show

Op die ‘Jou Show’ met Emo & Wicus op KykNet, met mede-gaste Rina Hugo & Carike Keuzenkamp.

   Omdat die vertoning so interaktief is, word u gaste die werklike sterre! Dit is die rede hoekom mense dit lank na die tyd nog onthou.

Alle vertonings word volgens die kliŽnt se behoeftes  gereŽl, sonder verdere komplikasies – om te verseker dat maatskappye en individue suksesvolle funksies het. Omdat hy so bewus is van die belangrikheid van u funksie, werk hy nou saam volgens u benodighede en poog om alle verwagtinge te oortref.

   Hy voer reg oor die land sowel as internasionaal op – so ongeag of u 5 of 500 gaste verwag, of u funksie in Kaapstad, Kairo of Kanada is – Alexander May is gereed om u gaste deeglik te vermaak!

   “Baie dankie Alexander, dat jy bereid was om terug te kom na jou skool en jou kulkuns in 'n propvol HVS saal te vertoon. Dit was 'n baie spesiale aand wat al ons nog lank sal onthou!” - HoŽr Volkskool, Graaff Reinet

“Jy was 'n wonderlike verryking tot FonteinFees.  Ons (klein en groot) het jou  baie geniet! Ek hoop ons kan jou weer nooi.”
- Ds. Martin Goosen, NG Kerk Piketberg

bottomline

Website design & content Copyright © Alexander May 2002 - 2017

Alexander May - Cape Town magician & mentalist for all event entertainment needs. Cape Town Magician. Alexander May - a professional magician and mentalist from Cape Town South Africa. magician cape town, mentalist cape town, mentalist jou show